Kieseropvoeding: stem vir kundigheid Voter education: vote for expertise
Deur Glen Snyman. By Glen Snyman.
Ek dink dat demokrasie gevaarlik is, nie omdat ek tirannie liefhet nie, maar omdat gewildheid nie as 'n plaasvervanger vir kennis beskou behoort te word nie. I think democracy is dangerous, not because I love tyranny, but because popularity shouldn't be treated as a substitute for knowledge.
My argument is eenvoudig. Demokrasie behandel alle opinies as gelyk, maar nie alle opinies is gelyk nie. 'n Oningeligte kieser het dieselfde mag as die persoon wat die probleem bestudeer het. Dit is die fatale ontwerp van volksregering. 'n Meerderheid kan 'n wet instel, maar 'n meerderheidsstem kan nie 'n vals stelling in 'n wetenskaplike feit verander nie. My argument is simple. Democracy treats all opinions as equal, but not all opinions are equal. An uninformed voter has the same power as the person who has studied the problem. That is the fatal design of popular government. A majority can pass a law, but a majority vote cannot turn a false statement into a scientific fact.
Demokrasie beloon nie selfvertroue nie; dit beloon gewildheid. Bekwame sprekers sonder wysheid het dit agtergekom. Hulle belowe eenvoudige antwoorde op komplekse probleme. Sommige mense is nie in staat om die kompleksiteite van die wêreld te begryp nie, en hulle aanvaar dit eenvoudig. Hulle wil alles tot 'n eenvoudige formule reduseer, en hulle doen dit met behulp van 'n ideologie — 'n ras-ideologie. 'n Ideologie is 'n bepaalde denkwyse wat voorgeskryf het hoe die werklikheid behoort te lyk, eerder as om die werklikheid te beskryf soos dit werklik is. Democracy doesn't reward confidence; it rewards popularity. Capable speakers without wisdom have figured this out. They promise simple answers to complex problems. Some people are unable to grasp the complexities of the world, and they simply accept that. They want to reduce everything to a simple formula, and they do so with the help of an ideology — a race ideology. An ideology is a particular way of thinking that prescribes how reality ought to look, rather than describing reality as it actually is.
As jy siek is, stem jy oor die behandeling, of vra jy 'n dokter? Wie wil jy in beheer van die skip hê — 'n gewilde keuse of 'n opgeleide, kundige kaptein? If you're sick, do you vote on the treatment, or do you ask a doctor? Who do you want in charge of the ship — a popular choice or a trained, competent captain?
Die dilemma · Kiesformule. Daar sal altyd plek wees vir klein partytjies op 'n raad. Stemverhoudings bepaal nie eenvoudig hoeveel setels elke party kry nie; die kiesformule is daarop ingestel om ook kleiner partye op die raad te verteenwoordig. Suid-Afrika se kiesformule ken nie bloot setels volgens elke party se werklike aandeel van die stemme toe nie. Nadat 'n party sy “kwota” bereik het, word die oorblywende setels volgens die formule aan ander, dikwels kleiner, partye toegeken, sodat selfs 'n party met relatief min stemme verteenwoordiging op die raad kan verkry. The dilemma · Electoral formula. There will always be room for small parties on a council. Vote ratios don't simply determine how many seats each party gets; the electoral formula is designed to also represent smaller parties on the council. South Africa's electoral formula doesn't just allocate seats according to each party's actual share of the vote. After a party reaches its “quota,” the remaining seats are allocated by formula to other, often smaller, parties, so that even a party with relatively few votes can gain representation on the council.
Die grondwet beskryf hierdie verpligte gemeenskapsregtelike verteenwoordiging as “algemene proporsionaliteit”. Dit verseker dat alle gemeenskappe, deur hul leierskap, op munisipale rade kan dien. Die minimum “threshold”-stemme wat 'n politieke party in totaal moet kry, kan uitgewerk word, en so 'n setel in 'n munisipale raad verseker. Dus sal daar in ons politieke bedeling altyd 'n stert wees wat die hond probeer rondswaai. The constitution describes this mandatory communal representation as “general proportionality.” It ensures that all communities, through their leadership, can serve on municipal councils. The minimum “threshold” of votes a political party needs in total can be worked out, securing a seat on a municipal council. So in our political dispensation there will always be a tail trying to wag the dog.
My voorstel is dat die grootste politieke partye, soos die DA en die ANC, wat tradisioneel die meeste stemme kry, hul trots insluk, saam in 'n koalisie gaan en ons dorpe regeer vir volgehoue politieke stabiliteit. Want op die einde van die dag gaan dit oor die beste belange van die mense van die dorp. My proposal is that the largest political parties, such as the DA and the ANC, which traditionally get the most votes, swallow their pride, form a coalition together and govern our towns for sustained political stability. Because at the end of the day it's about the best interests of the people of the town.
Moenie slaap daar buite nie — maak oop julle oë. Don't sleep out there — open your eyes.
Meningstuk: die standpunte is die skrywer s'n en nie noodwendig dié van Trots Oudtshoorn nie. Stuur jou reaksie na [email protected]. Opinion piece: the views are the author's own and not necessarily those of Trots Oudtshoorn. Send your response to [email protected].
Wil jou besigheid soos die advertensies in hierdie uitgawe verskyn? Brokkies bereik lesers regoor Oudtshoorn, elke uitgawe. Kontak ons vir pryse en beskikbare spasies. Want your business to appear like the ads in this edition? Brokkies reaches readers across Oudtshoorn, every edition. Contact us for pricing and available slots.
Adverteer in Brokkies ↗ Advertise in Brokkies ↗Deel Hierdie Storie Share This Story
Lees die volledige uitgawe ↗ Read the full edition ↗Skrywer, ontwerp & samestelling van Brokkies: Writer, design & compilation of Brokkies: Wayne Maarman
In Vennootskap Met In Partnership With